Benede-Toengoeska
Benede-Toengoeska | |
---|---|
Die Benede-Toengoeska by die Poetoranaplato | |
Die stroomgebied van die Benede-Toengoeska | |
Oorsprong | noord van Oest-Koet, Irkoetsk-oblast, Rusland |
Monding | naby Toeroechansk, Krasnojarsk-krai, Rusland Jenisejrivier |
Stroomgebied | Rusland |
Lengte | 2 989 km (1 857 myl) |
Oorspronghoogte | 550 m (1 804 voet) |
Mondinghoogte | 5 m (16 voet) |
Gemiddelde afloop | 3 680 m³/s (129 958 ft³/s) |
Stroomgebiedopp. | 471 300 km² (187 900 myl²) |
Kaart van die Benede-Toengoeska-bekken in Asië
|
Die Benede-Toengoeska (Russies: Ни́жняя Тунгу́ска, Nizjnjaja Toengoeska) is 'n groot sytak van die Jenisejrivier in Siberië. Dié rivier, met 'n lengte van 2 989 km, ontspring noord van Oest-Koet naby die Podkamennaja Toengoeska se bron in die Irkoetsk-oblast. Aansluitend vloei dié rivier in 'n noordelike rigting deur die Irkoetsk-oblast en bereik Jerbogatsjon. Net oos van die grens met die Krasnojarsk-krai begin die Benede-Toengoeska in 'n noordwestelike rigting vloei en bereik Toera. Vanaf Toera vloei dié rivier in 'n westelike rigting en later weer in 'n noordwestelike rigting. Naby Toeroechansk mond die Benede-Toengoeska in die Jenisejrivier uit.[1]
Die Benede-Toengoeska is een van drie riviere in Rusland met die naam Toengoeskarivier. Die ander is die Podkamennaja Toengoeska, wat sowat 100 km noord van die Benede-Toengoeska se bron ontspring en sowat 600 km suid van die Benede-Toengoeska se monding in die Jenisejrivier uitmond. Die Angara se boloop word soms ook Bo-Toengoeska genoem.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ "Nizhnyaya Tunguska River" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 September 2019. Besoek op 16 Augustus 2017.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Benede-Toengoeska.