Bouillon, België
Bouillon | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Bouillon - die stad en die burg | |
Ligging van Bouillon in die provinsie Luxemburg | |
Koördinate: 49°48′00″N 5°04′00″O / 49.80000°N 5.06667°O | |
Land | België |
Gewes (deelstaat) | Wallonië |
Provinsie | Luxemburg |
Regering | |
• Burgemeester | André Defat (ACTION) |
Oppervlak | |
• Totaal | 149,09 km2 (57,56 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 5 464 |
• Digtheid | 37/km2 (100/vk. myl) |
Poskode | 6830-34, 6836, 6838 |
Skakelkodes | 061 |
Webwerf | www.bouillon.be |
Bouillon is 'n stad in die Belgiese provinsie Luxemburg (Wallonië), sowat 153 kilometer suidoos van Brussel, met 'n oppervlakte van 149,09 km² en sowat 5 000 inwoners (2011).
Die stad lê in die vallei van die Semoisrivier, te midde van die bosgebied van die Ardenne-gebergte. Danksy die strategiese ligging by die handelsweg tussen die Duitse Eifelgebied en die Franse Champagne het Bouillon in die Middeleeue 'n belangrike rol gespeel.
Die bekendste boorling van die stad is Godfried van Bouillon, 'n deelnemer van die Eerste Kruistog, wat hier sy burg laat oprig het. Die indrukwekkende gebou bo-oor die vallei is die oudste Belgiese monument uit die tydperk van die feodalisme en 'n goeie voorbeeld vir die beskerming en tegelykertyd oorheersing van 'n bepaalde streek vanuit 'n strategies geleë burg.
Die historiese monumente en die natuurskoon van die omgewing maak van Bouillon 'n gewilde toeristebestemming.
Besienswaardighede
[wysig | wysig bron]- Die burg van Godfried van Bouillon staan tussen die lente en najaar oop vir besoekers. Die Godfried van Bouillon-museum herinner aan die tyd van die Kruistogte.
- 'n Gebou uit die 18de eeu huisves die Hertoglike Museum wat die folklore en geskiedenis van die streek behandel.
- Die vallei van die Semois en die Tombeau de Géant ("Graf van die Reus") is deel van die natuurskoon van die omgewing van Bouillon.
Wikimedia Commons bevat media in verband met Bouillon. |