Gaan na inhoud

2060 Chiron

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Chiron   ⚷

Chiron in Celestia met ringe. Die oppervlakdetail en vorm is denkbeeldig, omdat dit dalk nie in hidrostatiese ewewig is nie.
Ontdekking [1][2]
Ontdek deur Charles Kowal
Datum 1 November 1977
Plek van ontdekking Palomar-sterrewag
Kleinplaneet-benaming(2060) Chiron
95P/Chiron[3]
Alternatiewe name1977 UB
Kleinplaneet-kategorie Sentour[4][5]
Komeet
Etimologie ’n Griekse sentour[6]
Wentelbaaneienskappe [4]
Epog 4 September 2017
Afelium 18,865 AE
Perihelium 8,4311 AE
Halwe lengteas 13,648 AE
Wentelperiode 50,42 jaar (18 417 dae)
Gem. omwentelingspoed 7,75 km/s
Gem. anomalie 153,58°
Baanhelling 6,9497°
Lengteligging van stygende nodus 209,20°
Periheliumhoek 339,68°
Minimum baankruisingsafstand: Jupiter 3,00433 AE
Tisserand se parameter 3,352
Fisiese eienskappe
Gem. radius 107,8±4,95 km (Herschel 2013)[7]
116,7±7,3 km (Spitzer)[8]
135.69 km (LCDB, afgelei)[9]
Rotasieperiode 5,918 uur[9][10][11][12][13]
Skynmagnitude 18,93[14]
15,6
Absolute magnitude 5,80±0,27[15]
5,82±0,07[16]
5,9[4]
5,92±0,20[7]
Hoekgrootte 0,035" (maks.)[17]

2060 Chiron (Engels uitspraak: /ˈkaɪrən/; simbool: ⚷), met die voorlopige naam 1977 UB en ook bekend as 95P/Chiron, is ’n kleinplaneet in die buitenste Sonnestelsel wat tussen Saturnus en Uranus om die Son wentel. Dit is in 1977 deur Charles Kowal ontdek en was die eerste van ’n nuwe klas voorwerpe wat nou as sentoure bekend is. Hulle is tussen die Asteroïde- en Kuipergordel geleë.

Beskrywing

[wysig | wysig bron]

Hoewel dit aanvanklik ’n asteroïde genoem is en later net as ’n kleinplaneet met die naam "2060 Chiron" geklassifiseer is, is eindelik ontdek dit toon eienskappe wat tipies van ’n komeet is. Vandag word dit as beide ’n kleinplaneet en ’n komeet geklassifiseer en het dit daarom ook die komeetnaam "95P/Chiron".

Chiron is genoem na die sentour Chiron in die Griekse mitologie. Michael Brown lys dit as ’n moontlike dwergplaneet. Dit het ’n gemete deursnee van 206 km,[18] wat naby die laer perk is van ’n ysagtige dwergplaneet (sowat 200 km).

Chiron is op 1 November 1977 deur Charles Kowal ontdek op foto's wat op 18 Oktober by die Palomar-sterrewag geneem is.[1][2] Dit het die voorlopige naam 1977 UB gekry.[19] Dit is ontdek toe dit naby sy afelium was[1] en was toe die verste bekende kleinplaneet. (Pluto, wat nou ’n dwergplaneet en dus ook ’n kleinplaneet is, is toe nog as ’n planeet beskou.)[19]

Chiron se wentelbaan is hoogs eksentriek (0,37), met ’n perihelium net binne die wentelbaan van Saturnus en ’n afelium net buite die perihelium van Uranus.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 Kowal, C. T.; Liller, W.; Marsden, B. G. (Desember 1978). "The discovery and orbit of /2060/ Chiron". In: Dynamics of the solar system; Proceedings of the Symposium, Tokyo, Japan, May 23–26, 1978: 245–250. Bibcode:1979IAUS...81..245K. Besoek op 8 Augustus 2017.
  2. 2,0 2,1 "Chiron Fact Sheet". NASA Goddard Space Flight Center (in Engels). 20 Augustus 2014. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 1 Februarie 2020.
  3. "Dual-Status Objects". Kleinplaneetsentrum (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 Oktober 2017.
  4. 4,0 4,1 4,2 "JPL Small-Body Database Browser: 2060 Chiron (1977 UB)" (2017-06-22 last obs.) (in Engels). Jet Propulsion Laboratory. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 September 2019. Besoek op 8 Augustus 2017.
  5. "List Of Centaurs and Scattered-Disk Objects". Kleinplaneetsentrum (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 April 2020. Besoek op 13 November 2014.
  6. Schmadel, Lutz D. (2007). "(2060) Chiron". Dictionary of Minor Planet Names – (2060) Chiron. Springer Berlin Heidelberg. p. 167. doi:10.1007/978-3-540-29925-7_2061. ISBN 978-3-540-00238-3. Besoek op 8 Augustus 2017.
  7. 7,0 7,1 Fornasier, S.; Lellouch, E.; Müller, T.; Santos-Sanz, P.; Panuzzo, P.; Kiss, C.; et al. (Julie 2013). "TNOs are Cool: A survey of the trans-Neptunian region. VIII. Combined Herschel PACS and SPIRE observations of nine bright targets at 70-500 mum". Astronomy and Astrophysics. 555: 22. arXiv:1305.0449. Bibcode:2013A&A...555A..15F. doi:10.1051/0004-6361/201321329.
  8. Stansberry, John; Grundy, Will; Brown, Mike; Cruikshank, Dale; Spencer, John; Trilling, David; Margot, Jean-Luc (November 2007). "Physical Properties of Kuiper Belt and Centaur Objects: Constraints from Spitzer Space Telescope". [astro-ph]. 
  9. 9,0 9,1 "LCDB Data for (2060) Chiron" (in Engels). Asteroid Lightcurve Database (LCDB). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 29 September 2018. Besoek op 8 Augustus 2017.
  10. Bus, Schelte J.; Bowell, Edward; Harris, Alan W.; Hewitt, Anthony V. (Februarie 1989). "2060 Chiron - CCD and electronographic photometry". Icarus. 77 (2): 223–238. Bibcode:1989Icar...77..223B. doi:10.1016/0019-1035(89)90087-0. ISSN 0019-1035. Besoek op 8 Augustus 2017.
  11. Luu, Jane X.; Jewitt, David C. (September 1990). "Cometary activity in 2060 Chiron". Astronomical Journal. 100: 913–932. Bibcode:1990AJ....100..913L. doi:10.1086/115571. ISSN 0004-6256. Besoek op 8 Augustus 2017.
  12. Marcialis, Robert L.; Buratti, Bonnie J. (Augustus 1993). "CCD photometry of 2060 Chiron in 1985 and 1991". Icarus. 104 (2): 234–243. Bibcode:1993Icar..104..234M. doi:10.1006/icar.1993.1098. ISSN 0019-1035. Besoek op 8 Augustus 2017.
  13. Lazzaro, D.; Florczak, M. A.; Angeli, C. A.; Carvano, J. M.; Betzler, A. S.; Casati, A. A.; et al. (Desember 1997). "Photometric monitoring of 2060 Chiron's brightness at perihelion". Planetary and Space Science. 45 (12): 1607–1614. Bibcode:1997P&SS...45.1607L. doi:10.1016/S0032-0633(97)00124-4. Besoek op 8 Augustus 2017.
  14. "AstDys (2060) Chiron Ephemerides". Department of Mathematics, University of Pisa, Italy. Besoek op 8 Augustus 2017.
  15. Veres, Peter; Jedicke, Robert; Fitzsimmons, Alan; Denneau, Larry; Granvik, Mikael; Bolin, Bryce; et al. (November 2015). "Absolute magnitudes and slope parameters for 250,000 asteroids observed by Pan-STARRS PS1 - Preliminary results". Icarus. 261: 34–47. arXiv:1506.00762. Bibcode:2015Icar..261...34V. doi:10.1016/j.icarus.2015.08.007. Besoek op 8 Augustus 2017.
  16. Belskaya, I. N.; Bagnulo, S.; Barucci, M. A.; Muinonen, K.; Tozzi, G. P.; Fornasier, S.; et al. (November 2010). "Polarimetry of Centaurs (2060) Chiron, (5145) Pholus and (10199) Chariklo". Icarus. 210 (1): 472–479. Bibcode:2010Icar..210..472B. doi:10.1016/j.icarus.2010.06.005. Besoek op 8 Augustus 2017.
  17. Meech, Karen (19 Februarie 1994). "The Structure of the Inner Coma of Comet Chiron: Imaging The Exopause" (in Engels). Institute for Astronomy, University of Hawaii. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Februarie 2009. Besoek op 19 Oktober 2007.
  18. Michael E. Brown. "How many dwarf planets are there in the outer solar system?" (in Engels). California Institute of Technology. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Maart 2020. Besoek op 8 Augustus 2017.
  19. 19,0 19,1 Campins, H.; Telesco, C. M.; Osip, D. J.; Rieke, G. H.; Rieke, M. J.; Schulz, B. (Desember 1994). "The color temperature of (2060) Chiron: A warm and small nucleus". Astronomical Journal. 108: 2318–2322. Bibcode:1994AJ....108.2318C. doi:10.1086/117244. ISSN 0004-6256. Besoek op 8 Augustus 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]