8 Februarie
Voorkoms
(Aangestuur vanaf 02-08)
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
8 Februarie is die 39ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 326 dae in die res van die jaar (327 in skrikkeljare).
Gebeure
[wysig | wysig bron]- 419 – Keiser Honorius belê ’n sinode in Ravenna.
- 1475 – Pous Sixtus IV stel die groot aflaat van Chaumont in.
- 1587 – Koningin Mary I van Skotland word tereggestel by Fotheringhaykasteel onder verdenking daarvan dat sy betrokke was by die Babington Sameswering om haar niggie Koningin Elizabeth I van Engeland te vermoor.
- 1730 – Pous Benedictus XIII stel Alamanno Salviati, apostoliese protonotarius aan as kardinaal.
- 1881 – Eerste Vryheidsoorlog: Die Slag van Ingogo vind plaas. Boere onder kommandant Nicolaas Smith verslaan luitenant-kolonel Ashburnham.
- 1904 – Die Russies-Japanse Oorlog begin met ’n verrassingstorpedoaanval deur die Japannese op Russiese skepe naby hedendaagse Lüshunkou, China.
- 1916 – Die Universiteit van Fort Hare word in Alice in die huidige Oos-Kaap geopen.
- 1933 – Die Boeing 247 onderneem sy eerste vlug.
- 1971 – Handel begin op NASDAQ, die wêreld se eerste elektroniese effektebeurs.
- 1977 - Sewe Rooms-Katolieke sendelinge word vermoor by die Musami-sendingstasie in Rhodesië.
- 1979 – Kolonel Denis Sassou-Nguesso word verkies as die nuwe President van die Volksrepubliek van Kongo.
Geboortes
[wysig | wysig bron]- 412 – Proclus, Griekse filosoof en wiskundige († 485).
- 1405 – Konstantyn XI Palaiologos, die laaste Bisantynse keiser († 1453).
- 1688 – Emanuel Swedenborg, Sweeds-Lutherse teoloog, wetenskaplike, filosoof en mistikus († 1772).
- 1798 – Groothertog Michail Pawlowitsj van Rusland, jongste van die 10 kinders van keiser Paul van Rusland († 1849).
- 1828 – Jules Verne, Franse skrywer († 1905).
- 1834 – Dmitri Mendelejef, Russiese chemikus († 1907).
- 1878 – Martin Buber, Oostenrykse-Israelies-Joodse godsdiensfilosoof († 1965).
- 1882 – Thomas Selfridge, eerste persoon wat gesterf het in 'n ongeluk met 'n kragaangedrewe vliegtuig († 1908).
- 1886 – Sannie Uys, Suid-Afrikaanse skrywer en moeder van Uys Krige († 1976).
- 1916 – Betty Field, Amerikaanse aktrise († 1973).
- 1925 – Jack Lemmon, Amerikaanse akteur († 2001).
- 1931 – James Dean, Amerikaanse akteur († 1955).
- 1942 – Tommy Bedford, Suid-Afrika se drie-en-dertigste Springbokkaptein.
- 1955 – John Grisham, Amerikaanse skrywer.
- 1959 – Steve Swart, politikus en lid van die Nasionale Vergadering van Suid-Afrika vir die Afrika Christen Demokratiese Party.
- 1961 – Vince Neil, Amerikaanse sanger.
- 1968 – Gary Coleman, Amerikaanse akteur († 2010).
- 1968 – Geoff Makhubo, Suid-Afrikaanse politikus en burgemeester van die Stad Johannesburg († 2021).
- 1974 – Seth Green, Amerikaanse akteur.
Sterftes
[wysig | wysig bron]- 1204 – Alexios IV, keiser van die Bisantynse Ryk (* 1182).
- 1587 – Maria I van Skotland, Koningin van Skotland (* 1542).
- 1676 – Aleksei van Rusland, tsaar van Rusland (* 1629).
- 1725 – Tsaar Pieter die Grote van Rusland (* 1672).
- 1849 – France Prešeren, Sloweense digter (* 1800).
- 1884 – Cetshwayo, koning van die Zoeloes (* c. 1826).
- 1889 – Hercules Crosse Jarvis, derde burgemeester van Kaapstad (* 1802).
- 1904 – Stephanus Postma, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant (* 1865).
- 1921 – Pjotr Kropotkin, Russiese dierkundige, geograaf en filoloog (* 1842).
- 1922 – Koos Sas, Suid-Afrikaanse misdadiger (* onbekend).
- 1999 – Iris Murdoch, Engelse skrywer en filosoof (* 1919).
- 2007 – Anna Nicole Smith, Amerikaanse model en aktrise (* 1967).
- 2012 – B.P.J. Erasmus, Suid-Afrikaanse skrywer (* 1930).
- 2013 – Jan Ellis, Suid-Afrikaanse rugbyspeler (* 1942).
- 2023 – Burt Bacharach, Amerikaanse komponis en liedjieskrywer (* 1928).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met 8 February. |