’n Plan is ’n boerdery
’n Plan is ’n Boerdery | |
---|---|
Regisseur | Pierre de Wet |
Draaiboek | Pierre de Wet |
Met | Jimmy Boonzaaier Gert van den Bergh Trudi Kestell |
Musiek deur | Nico Carstens Petersen Broers. |
Kinematografie | David Millin |
Redigeerder | Gerald Ehrlich |
Uitgereik | 28 Mei 1954 |
Speeltyd | 70 minute |
Land | Suid-Afrika |
Taal | Afrikaans |
IMDb-profiel |
’n Plan is ’n Boerdery is 'n swart-en-wit Afrikaanse rolprent wat op 28 Mei 1954 vrygestel is. Pierre de Wet het beide die regie en skryfwerk behartig. Die hoofrolle word deur Jimmy Boonzaaier, Gert van den Bergh en Trudi Kestell vertolk.
Genre
[wysig | wysig bron]Die rolprent is 'n romantiese komedie. Dit het geen ouderdomsperk nie en is goeie gesinsvermaak.
Hoofrolspelers
[wysig | wysig bron]- Jimmy Boonzaaier
- Gert van den Bergh
- Trudi Kestell
- James Norval
- Frederik Burgers
- Esther Mentz
- Jan Bruyns
- Delvina Govea
- Hendrik Susan
Storielyn
[wysig | wysig bron]Neef Gerrit en neef Frederik beland op 'n eksentrieke boer se plaas. Die boer is erg bekommerd dat hulle sy stoetbul skade sal berokken. Op sy vader en dogter (Oom Sias en Cecile) se aandrang laat die boer hulle toe om op die plaas aan te bly. Frederik raak handig op die plaas, maar Gerrit bestee eerder sy tyd om by Cecile aan te lê.
Frederik, op sy beurt, raak op die buurman se dogter verlief en slaag daarmee om die jarelange kloof tussen die bure te oorbrug. Die polisie, wat op soek is na Frederik, haal hom uiteindelik in, maar om te vra of hy by hulle jaarlikse funksie sal optree. Dit beteken egter dat Frederik sy nuutgevonde werk op die plaas sal moet opsê. Oom Sias kom tot die redding en nooi die hele orkes om op die plaas aan te bly en in die sitkamer te oefen.