Gaan na inhoud

Reënskadu

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Die uitwerking van 'n reënskadu.
Die Hoogland van Tibet (middel) is dalk die beste voorbeeld van 'n reënskadu. Reënval uit die suide vorder nie oor die Himalaja nie en dit lei tot 'n droë klimaat aan die (noordelike) lykant van die bergreeks.

'n Reënskadu is 'n gebied aan die agterkant van 'n bergagtige streek waar die reënval aansienlik afneem omdat dit weggekeer word van die heersende wind wat reën bring. Dit is bekend as die lykant.

Verdampte vogtigheid van waterliggame (soos oseane of groot mere) word deur die heersende kuswinde gewaai na die droër en warmer binnelandse gebiede. Wanneer dit by hoë landvorme kom, word die vogtige lug boontoe gewaai na die piek, waar dit versprei, afkoel en die vogtigheid kondenseer. Dit begin dan reën. As die landvorme hoog en breed genoeg is, sal die meeste van die humiditeit verlore gaan in reën oor die loefkant, of windkant, voordat dit verby die piek beweeg. Wanneer die lug aan die lykant van die landvorm afbeweeg, word dit saamgepers en verhit, en dit skep föhnwinde (warm, droë bergwinde) wat vogtigheid "absorbeer" en 'n breë "skadu" van droë lug agter die bergpiek vorm.[1] Die klimaat het gewoonlik struiklande of selfs woestyne tot gevolg.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Whiteman, C. David (2000). Mountain Meteorology: Fundamentals and Applications. Oxford University Press. ISBN 0-19-513271-8.

Skakels

[wysig | wysig bron]