Rooiwangmuisvoël
Voorkoms
Rooiwangmuisvoël | |
---|---|
'n Rooiwangmuisvoël hang aan 'n boom. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | U. indicus
|
Binomiale naam | |
Urocolius indicus (Latham, 1790)
|
Die Rooiwangmuisvoël (Urocolius indicus) is 'n standvoël wat feitlik dwarsoor Suider-Afrika voorkom. In Engels staan die voël bekend as die Red-faced mousebird.
Voorkoms
[wysig | wysig bron]Die voël is blougrys met 'n rooi gesigsvel en 'n dofgeelkaneel tint oor die gesig, bors en ondervlerke. Die bene is rooierig. Die jong voëls het 'n groenerige gesigsvel. Die voël word tot 34 cm lank en weeg 40-70 gram.
Geluid
[wysig | wysig bron]Die voël maak 'n tsie-tie-tie-fluit.
Habitat
[wysig | wysig bron]Hulle leef in savanne, boomveld, laaglandfynbos en tuine.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Wikimedia Commons bevat media in verband met Red-faced Mousebird. |
- Alfabetiese lys van Suid-Afrikaanse voëls
- Lys van Suid-Afrikaanse voëls (Groepeer)
- Lys van Suider-Afrikaanse voëls volgens wetenskaplike name
Bron
[wysig | wysig bron]- Sasol Voëls van Suider-Afrika. Struik Nature. Vierde Uitgawe 2011. ISBN 978-1-77007-928-1
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ BirdLife International (2012). "Urocolius indicus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2012.1. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. Besoek op 16 Julie 2012.
{{cite web}}
: Ongeldige|ref=harv
(hulp)