Sol Kerzner
Voorkoms
Sol Kerzner | |
---|---|
Gebore | 23 Augustus 1935 |
Sterf | 21 Maart 2020 (op 84) |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaner |
Alma mater | Universiteit van die Witwatersrand, B.Com (Rekeningkunde), B.Com (Hons) (Rekeningkunde) |
Beroep | Stigter, voorsitter en hoof- uitvoerende beampte van Kerzner International |
Eggenoot | Maureen Adler Shirley Bestbier (oorlede) Anneline Kriel (1980–1985 (geskei)) Heather Murphy (2000–2011 (geskei)) |
Kinders | 2 seuns, 3 dogters |
Webwerf | www.kerzner.com |
Solomon (Sol) Kerzner (23 Augustus 1935 - 21 Maart 2020) was 'n Suid-Afrikaanse rekenmeester en 'n besigheidsmagnaat.
Kerzner is in Troyeville, Johannesburg gebore en was die jongste van vier kinders van Russiese Joodse immigrante. Sy familie het die hotelgroep Sun International begin. Hy neem beheer van die groep oor nadat hy as 'n geoktrooieerde rekenmeester gradueer en ontwikkel die groep tot een van die suksesvolste in Afrika. Van sy latere projekte was die Atlantis Hotel in Doebai, wat in September 2008 geopen het, en meer as 1 539 kamers het.