Pi-Ramses
Pi-Ramses | ||
Die voete van Ramses II se standbeeld by Pi-Ramses. | ||
Koördinate | 30°47′56″N 31°50′9″O / 30.79889°N 31.83583°O | |
Land | Egipte | |
Soort | Nedersetting | |
Geskiedenis | ||
Bouer | Ramses II | |
Gestig | 13de eeu v.C. | |
Tydperk | Nuwe Ryk tot Derde Oorgangstydperk |
Pi-Ramses (Pi-Ramses Aa-nachtoe, "Huis van Ramses, Groot in Oorwinning")[1] was die nuwe hoofstad wat deur farao Ramses II (bewind 1279–1213 v.C.) van die 19de Dinastie laat bou is by Qantir, naby die ou terrein van Avaris.
Geskiedenis
[wysig | wysig bron]Die stad het voorheen gedien as ’n somerpaleis van Seti I (omstreeks 1290–1279 v.C.), en is vermoedelik reeds deur Ramses I (omstreeks 1292–1290 v.C.) laat bou terwyl hy onder Horemheb gedien het.
Oorspronklik is geglo die stad het minder belangrik geword ná die val van die Egiptiese owerheid in die buiteland tydens die 20ste Dinastie, en dat dit daartoe gelei het dat die stad sy status as koninklike woonplek verloor het.[2] Dit is nou bekend dat die sytak van die Nylrivier waaraan die stad geleë was, omstreeks 1060 v.C. begin toeslik het en dat die stad toe nie water gehad het nie. ’n Nuwe sytak is eindelik meer wes gevorm. Die 20ste Dinastie het hul woonplek na die nuwe sytak geskuif en die stad Tanis as nuwe hoofstad van Benede-Egipte gebou op sy oewer, 100 km noordwes van Pi-Ramses. Die farao's van die 21ste Dinastie het al die ou tempels, obeliske, steles, standbeelde en sfinkse van Pi-Ramses na die nuwe terrein geskuif. Groot geboue is in seksies afgebreek en by Tanis weer aanmekaargesit. Stene van minder belangrike geboue is gebruik vir nuwe tempels en geboue.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Tyldesley, Joyce (30 Oktober 2001). Ramesses: Egypt's Greatest Pharaoh. Penguin. p. 90. ISBN 978-0-14-028097-5.
- ↑ Kitchen, pp.255–256
- ↑ Kitchen, p.255
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Tell el-Dabʿa auaris.com – beskikbaar in Duits en Engels
- Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia