Klas 15B-stoomlokomotief
Klas 15BR no. 1982 by Bonnievale, Feb. 1974 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Stoom |
Ontwerper | Montreal Locomotive Works |
Vervaardiger | Montreal Locomotive Works |
Serienommer | 58440-58449, 61424-61443 |
Model | Klas 15B |
Klas | Klas 15B & 15BR |
Vervaardig | 1918-1922 |
Aantal gebou | 30 |
Bouspesifikasies | |
Konfigurasie | 4-8-2 ("Mountain") |
UIC wielklassifikasie | 2'D1'h2 |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Voorwielomtrek | 28 1⁄2 in (724 mm) |
Gekoppelde wiele | 57 in (1 448 mm) |
Agterwielomtrek | 33 in (838 mm) |
Wielbasis | 62 ft 7 1⁄4 in (19 082 mm) |
Hoogte | ♠ 12 ft 10 in (3 912 mm) |
Asbelasting | 16 LT 11 cwt (16 820 kg) |
Massa op dryfwiele | 65 LT 2 cwt (66 140 kg) |
Lokomotiefmassa | 91 LT 14 cwt (93 170 kg) |
Tendermassa | 50 LT 18 cwt (51 720 kg) |
Gesamentlike massa | 142 LT 12 cwt (144 900 kg) |
Tendertipe | LP (2-as boegies) |
Aandrywing | |
Brandstof | Steenkool |
Brandstofkapasiteit | 10 LT (10,2 t) |
Waterkapasiteit | 4 250 imp gal (19 300 l) |
Stoomketel | Watson Standard no. 2A |
Stoomketeldruk | ♠♥ʘ 185 psi (1 276 kPa) ♠♥ʘ 190 psi (1 310 kPa) |
Vuurroosteroppervlak | 40 sq ft (3,7 m2) |
Vuurkastipe | Belpaire of Koepeldak |
♠ 1 840 sq ft (171 m2) ♥ 2 171 sq ft (201,7 m2) | |
– Vuurkas | ♠ 188 sq ft (17,5 m2) ♥ 143 sq ft (13,3 m2) |
♠ 2 028 sq ft (188,4 m2) ♥ 2 313 sq ft (214,9 m2) | |
Oorverhitteroppervlak | ♠ 446 sq ft (41,4 m2) ♥ 537 sq ft (49,9 m2) |
Silinders | Two |
Silindergrootte | ♠♥ʘ 22 in (559 mm) boor ♠♥ʘ 21 3⁄4 in (552 mm) boor ♠♥ 28 in (711 mm) slag |
Klepwerk | Walschaerts |
Klepsoort | Suier |
Koppelsisteem | Johnston skakel-en-pen AAR-kneukel (1930s) |
Werkverrigting | |
Trekkrag | 32 990 lbf (146,7 kN) @ 75% |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Caminhos de Ferro de Moçambique Tweefontein United Collieries Randfontein Estates Gold Mine |
Aantal in klas | 30 |
Vlootnommer(s) | 1829–1838, 1971-1990 |
Afleweringsdatum | 1918-1922 |
Eerste tog | 1918 |
Onttrekkingsdatum | 1976 |
Die Suid-Afrikaanse Klas 15B 4-8-2 van 1918 is 'n stoomlokomotief van die Suid-Afrikaanse Spoorweë-era.
Tussen 1918 en 1922 het die Suid-Afrikaanse Spoorweë dertig Klas 15B-stoomlokomotiewe met 'n 4-8-2 Mountain-tipe wieluitleg in diens geplaas.[1][2]
Vervaardiger
[wysig | wysig bron]As gevolg van die ontwrigting van die oorlog in Europa, is die eerste groep van tien Klas 15B 4-8-2 stoomlokomotiewe vir die Suid-Afrikaanse Spoorweë (SAS) bestel by die Montreal Locomotive Works (MLW) in Kanada. Hulle is gebou en afgelewer in 1918, genommer in die reeks van 1829 tot 1838 en 'n tweede groep van twintig lokomotiewe is van dieselfde bouers bestel en afgelewer in 1922, genommer in die reeks van 1971 tot 1990. Hulle was volgens die algemene spesifikasies gebou van die Klas 15, maar met staaframe en 'n paar tipiese Noord-Amerikaanse kenmerke. Hulle was toegerus met Belpaire-vuurkaste met verbrandingskamers. [2]
Klas 15BR
[wysig | wysig bron]Lokomotiewe wat nuwe stoomketels moes kry is as Klas 15BR geklassifiseer. Hierdie lokomotiewe het aanvanklik in die oostelike Vrystaat, maar later in die Kaapse Middellande diens gedoen; hulle was by Noupoort gebaseer en het diens gedoen tot by Cradock en uit na De Aar. Toe die verbeterde Klas 15F sy verskyning maak, is die lokomotiewe geleidelik na Kaapstad oorgeplaas, van waar hulle goedere en passasierstreine noordwaarts getrek het. Hulle het ook oor die Sir Lowryspas gewerk na Caledon en Bredasdorp in die Overberg en op die Bitterfontein-lyn via Malmesbury en Klawer.[1][2] totdat hulle uit diens gestel is in 1976.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Klas 15B-stoomlokomotief.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ 1,0 1,1 Holland, D.F. (1972). Steam Locomotives of the South African Railways. Vol. 2: 1910-1955 (1ste uitg.). Newton Abbott, England: David & Charles. pp. 34–36. ISBN 978-0-7153-5427-8.
- ↑ 2,0 2,1 2,2 Paxton, Leith; Bourne, David (1985). Locomotives of the South African Railways (1ste uitg.). Kaapstad: Struik. pp. 10–11, 60–61. ISBN 0869772112.