Gwede Mantashe
Gwede Mantashe | |
Minister van Minerale Hulpbronne
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 28 Februarie 2018 | |
President | Cyril Ramaphosa |
---|---|
Voorafgegaan deur | Mosebenzi Zwane |
Voorsitter van die African National Congress
| |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 18 Desember 2017 | |
President | Cyril Ramaphosa |
Voorafgegaan deur | Baleka Mbete |
Sekretaris-generaal van die African National Congress
| |
Ampstermyn 18 Desember 2007 – 18 Desember 2017 | |
Vise | Jessie Duarte |
President | Jacob Zuma |
Voorafgegaan deur | Kgalema Motlanthe |
Opgevolg deur | Ace Magashule |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Samson Gwede Mantashe 21 Junie 1955 Cala, Kaapprovinsie |
Politieke party | Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party African National Congress |
Eggenoot/-note | Nolwandle Mantashe |
Alma mater | Universiteit van Suid-Afrika Universiteit van die Witwatersrand |
Gwede Mantashe (gebore 21 Junie 1955) is 'n Suid-Afrikaanse politikus en sedert 18 Desember 2017 voorsitter van die African National Congress. Tussen 2007 en 2017 het hy as dié party se sekretaris-generaal gedien.
Einde Februarie 2018 is hy deur president Cyril Ramaphosa as Minister van Minerale Hulpbronne benoem.
Hernubare energie
Minister Mantashe is bekritiseer vanweë sy houding teenoor die aanwending van hernubare energie, soos windenergie en sonselle. Op die Energie-indaba van Maart 2023 is teen sy houding gedemostreer en het hy verklaar dat 'dit ons nie sal gaan red nie' en dat steenkool nog lang jare die energiebron van Suid-Afrika sal bly [1] In Julie 2023 het hy geweier 'n verklaring met die Nederlandse en Deense ministers te onderteken wat na Suid-Afrika gekom het vir 'n investering in groen waterstof van $1 miljard (VS).[2]
Eksterne skakels
- Wikiquote het aanhalings deur Gwede Mantashe.
Verwysings
- ↑ Dimakatso Leshoro. "Mantashe: Renewables aren't going to save us". news24. Besoek op 15 Julie 2023.
- ↑ Shaun Jacobs (27 Junie 2023). "I will not sign renewables deal – Mantashe". Daily Investor.