Gaan na inhoud

Laserdrukker

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Rooiratel (besprekings | bydraes) op 17:40, 12 Junie 2023 (Kategorie:Rekenaar -> Kategorie:Rekenaars)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
'n 1993 Apple LaserWriter Pro 630 laserdrukker

'n Laserdrukker is 'n algemene tipe rekenaardrukker wat vinnig hoë-kwaliteit teks- en grafiese drukwerk op gewone papier kan lewer. Laserdrukkers gebruik net soos fotostaatmasjiene 'n xerografiese drukproses maar verskil van analoë fotostaatmasjiene deurdat die beeld geskep word deur 'n laserstraal oor die drukker se fotoreseptor te skandeer.

Oorsig

[wysig | wysig bron]

Die gebruik van laserdrukkers het baie voordele bo ander soorte drukkers. Anders as by impakdrukkers is 'n laserdrukker se spoed veranderlik. Dit hang grootliks af van die hoeveelheid besonderhede wat vervat is in die grafiese beeld wat verwerk word. Die vinnigste modelle kan soveel as 200 monochroom bladsye per minuut lewer (d.w.s. 12 000 bladsye per uur). Die vinnigste kleurlaserdrukkers kan soveel as 100 bladsye per minuut lewer (oftewel 6 000 bladsye per uur). Hoë-snelheidslaserdrukkers word gebruik vir massapos van verpersoonlikte dokumente soos kredietkaart- en munisipale rekeninge en kompeteer goed met litografie in sommige kommersiële toepassings. (Die Xerox 9700 laser drukker, druk sowat 120 bladsye per minuut.)