Gaan na inhoud

Herbert I van Vermandois

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Herbert I van Vermandois

Graaf van Soissons
Voorafgegaan deur posisie vasgestel
Opgevolg deur Herbert II van Vermandois

Graaf van Vermandois
Voorafgegaan deur Pepin II
Opgevolg deur Herbert II van Vermandois

Graaf van Meaux
Voorafgegaan deur Tetbert, Graaf van Theodebert
Opgevolg deur Herbert II van Vermandois

Persoonlike besonderhede
Kind(ers) Béatrice van Vermandois
Herbert II van Vermandois

Herbert I (gebore omstreeks 848/850; sterf 907) of Heribertus I, was Graaf van Vermandois, Meaux, en Soissons. Hy was ook 'n leke-abt aan Saint-Quentin. Hy was 'n Karolingiese aristokraat, en het 'n betekenisvolle rol gespeel in Frankia.

Herbert was die seun van Pepyn van Vermandois en 'n agterkleinseun van Pepyn van Italië, seun van Charlemagne en 'n moontlike matrilineêre afstammeling van die Nibelungids. Sy vroeë lewe was onbekend. Herbert het voor 889 graaf van Soissons geword en is waarskynlik daarmee vertrou om Oise teen Wiking-indringers te verdedig. Hy was 'n tydgenoot van Boudewyn II van Vlaandere en het sodoende die voordeel gehad om 'n Karolingiër te wees, 'n agterkleinseun van Pepyn van Italië, seun van Charlemagne.[1] Herbert het beide St. Quentin en Péronne beheer, en sy aktiwiteite in die boloop van die riviervallei van die Sommerivier, soos byvoorbeeld die vangs en moord (eerder dan 'n losprys) van sy broer Raoul in 896, kon daartoe bygedra het dat Boudewyn 11 hom in 907 laat vermoor het.[2]

Herbert 1 het 'n huweliksalliansie met Robert van Boergondië aangegaan. Hiervolgens sou sy dogter, Béatrice van Vermandois, Robert se tweede vrou word.[1] As deel van hierdie pakt het Herbert ook daartoe ingestem dat sy seun, Herbert II van Vermandois, met Adela, Robert se dogter by sy eerste vrou, trou.[1] 'n Ander dogter, Cunegonda, is getroud met Odo van Wetterau.[3]

Kinders

Moontlik by 'n sekere Bertha:

  1. Beatrice van Vermandois (omstreeks 880- ná 26 Maart 931), getroud met Robert van Boergondië. Grootmoeder van Hugo Capet, Koning van Frankryk van 987 tot 996
  2. Herbert II van Vermandois (sterf 943), getroud met Adela van Neustrië
  3. Cunegonda van Vermandois, getroud met Odo van Wetterau (omstreeks 895-949)

Notas

  1. 1,0 1,1 1,2 Dunbabin 2000, p. 95.
  2. Riché 1993, p. 236.
  3. McKitterick 1999, p. 360-361.

Verwysings

  • Dunbabin, Jean (2000). France in the making, 843-1180. Oxford University Press.
  • McKitterick, Rosamond (1999). The Frankish Kingdoms under the Carolingians. Pearson Education Limited.
  • Riché, Pierre (1993). The Carolingians; A Family who Forged Europe. Vertaal deur Allen, Michael Idomir. University of Pennsylvania Press.

Voorouers

Voorouers van Herbert I van Vermandois (850-907)
Oorgrootouers Pepyn van Italië (777-810)

? (-)
? (-)

? (-)
? (-)

? (-)
? (-)

? (-)
Grootouers Bernhard van Italië (797-818)

Kunigonde van Laon. (-)
Theoderic van die Vexin (-)

? (-)
Ouers Pepyn van Vermandois (818-850)

? (-)
Voorafgegaan deur
Pepyn III, Graaf van Vermandois
Graaf van Vermandois
892-907
Opgevolg deur
Herbert II, Graaf van Vermandois
Voorafgegaan deur
Theodebert, Graaf van Meaux
Graaf van Meaux
896–907
Voorafgegaan deur
posisie vasgestel
Graaf van Soissons
889–907
Voorafgegaan deur
Pepyn II, Graaf van Senlis
Graaf van Valois
893–895
Opgevolg deur
Ralph I van Ostrevent