Gaan na inhoud

Seemyl

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Aliwal2012 (besprekings | bydraes) op 18:16, 2 Junie 2022 (desimale komma i.p.v. punt)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Berekening van 'n seemyl.

'n Seemyl (simbool M, NM of nmi) is 'n meeteenheid van lengte en is ongeveer gelyk aan die lengte van een meridiaan-minuut (60 boogsekondes) by die ewenaar. Een seemyl is, in terme van internasionale konvensie, presies gelyk aan 1 852 meter (ongeveer 6 076 voet). Dit word hoofsaaklik in die maritieme bedryf gebruik.[1]

Berekening van 'n seemyl:

  • Diameter van die aarde by die ewenaar = 12 756 km
  • Omtrek van die aarde by die ewenaar = π × 12 756 = 40 075 km
  • 1 boogminuut = 60 boogsekondes = 1/60 grade = 1/60/360 omwentelinge
  • Lengte van seemyl is dus = 40 075 × 1/60/360 = 1,855 km (dit stem ooreen met die amptelike afstand van 'n seemyl wat presies 1,852 km is)

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]