Dordrecht, Nederland
Dordrecht Dordt | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Dordtse gewels in die Hoofstraat | |
Ligging van Dordrecht in Zuid-Holland-provinsie | |
Kaart van Dordrecht-munisipaliteit | |
Koördinate: 51°48′N 4°40′O / 51.800°N 4.667°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Zuid-Holland |
Regering | |
• Burgemeester | Wouter Kolff (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 99,47 km2 (38,41 vk. myl) |
• Land | 78,61 km2 (30,35 vk. myl) |
• Water | 20,86 km2 (8,05 vk. myl) |
Hoogte | −1 m (−3 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 119 111 |
• Digtheid | 1 197/km2 (3 100/vk. myl) |
1 Januarie 2021 | |
Tydsone | UTC+1 (IST) |
• Somertyd | UTC+2 (IDT) |
Poskode | 3301, 3311–3319, 3328–3329 |
Skakelkodes | 078 |
Bestuurlike sentrum | Dordrecht |
Webwerf | cms.dordrecht.nl |
Dordrecht is 'n stad in Nederland met sowat 119 000 inwoners (2021) en 'n oppervlakte van sowat 99 km². Die stad - die inwoners noem hul stad meestal Dordt - is geleë in die uiterste suide van die provinsie Zuid-Holland en vorm ook die suidpunt van die Randstad. Dordrecht is met sy inwoners die vyfde grootste munisipaliteit van die provinsie en is deel van die metropolitaanse agglomerasie Drechtsteden.
Die stad lê op die plek waar die Beneden-Merwede-rivier in die Noord en die Ou Maas verdeel. Die munisipaliteit sluit die hele Eiland van Dordrecht in; die Moerdijkbrûe oor die Hollandsch Diep vorm die verbinding met die provinsie Noord-Brabant.
Dordrecht beskik oor sewe museums, vier polisiestasies, twee brandweerkasernes, twee hospitale en 'n gevangenis (Gevangenis Dordrecht). 'n Klein deel van die nasionale park Die Biesbosch lê in die Dordrecht-munisipaliteit.
In hierdie munisipaliteit word Dordts gepraat, wat is 'n Zuid-Hollandse dialek.
Plekke
Dordrecht · Dubbeldam · Kop van 't Land · Tweede Tol · Wieldrecht · Willemsdorp
Geskiedenis
Dordrecht is die oudste stad van die vroeëre gewes Holland. Die stad is vir die eerste keer in 'n teks uit die twaalfde eeu vermeld, toe die stad nog as Thuredrech aangewys is, en het in 1220 stadsregte gekry. In die Middeleeue ontwikkel die stad as belangrike handelstad en bergplek en was dit een van die ses grootste stede van Holland. Later het die belang van die stad afgeneem, maar die middestad herinner nog altyd aan hierdie ryk verlede.
In die begintyd van die Tagtigjarige Oorlog is in 1572 in Dordrecht 'n vergadering van die state van die gewes Holland gehou, waarby Willem van Oranje as stadhouer het erken en Holland hulleself onafhanklik het verklaar. Later is in 1618 en 1619 in hierdie stad die Calvinistiese Sinode van Dordrecht gehou.
Sport
Dordrecht beskik oor 'n professionele sokkerspan: FC Dordrecht, wat in die Eerste divisie meeding.
Munisipale raad
Verkiesings sedert 2002
Party | Setels 2002 |
Setels 2006 |
Setels 2010 |
Setels 2014 |
Setels 2018 |
Setels 2022 |
---|---|---|---|---|---|---|
VVD | 7 | 6 | 5 | 3 | 5 | 6 |
GL | 4 | 3 | 3 | 2 | 4 | 6 |
Beter voor Dordt | 6 | 15 | 14 | 8 | 5 | |
VSP Dordrecht ¹ | 2 | 2 | 2 | 2 | 2 | 4 |
CU–SGP | 4 | 3 | 3 | 3 | 4 | 4 |
CDA | 6 | 4 | 3 | 4 | 4 | 4 |
PvdA | 8 | 12 | 6 | 4 | 2 | 2 |
PvdD | 2 | |||||
DENK | 1 | |||||
Gewoon Dordt | 1 | 1 | ||||
Op Ons Eiland | 1 | |||||
SP | 3 | 2 | 1 | |||
PVV | 3 | 1 | ||||
FVD | 3 | 1 | ||||
D66 ² | 2 | 1 | 2 | 4 | 4 | |
Eco-Dordt ² | 6 | 2 | ||||
Totaal | 39 | 39 | 39 | 39 | 39 | 39 |
¹ Verenigde Senioren Partij Dordrecht
² Eco-Dordt is in 2010 met D66 saamgegaan.
Boorlinge
- Adriaen van der Stel (1605–1646), goewerneur van Nederlands-Mauritius
- Johan de Witt (1625–1672), pensioenaris van Dordrecht en raadspensioenaris van Holland
- Aert de Gelder (1645–1727), skilder
- Dirk van der Hoff (1814–1881), Suid-Afrikaanse predikant
Susterstede
- Bamenda, Kameroen
- Dordrecht, Oos-Kaap, sedert 23 Maart 2006
- Hastings, Verenigde Koninkryk
- Recklinghausen, Duitsland
- Warna, Bulgarye
Naburige munisipaliteite
Zwijndrecht | Papendrecht | Sliedrecht, Hardinxveld-Giessendam |
Hoeksche Waard | Altena (NB) | |
Moerdijk (NB) | Drimmelen (NB) |
Verwysings
Eksterne skakels
- Amptelike webwerf
- Plaatsengids (beskrywing)
- AlleCijfers (statistiek)