Gaan na inhoud

Sun City, Noordwes

Koördinate: 25°20′25″S 27°5′27″O / 25.34028°S 27.09083°O / -25.34028; 27.09083
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur InternetArchiveBot (besprekings | bydraes) op 15:59, 26 Desember 2021 (Rescuing 1 sources and tagging 0 as dead.) #IABot (v2.0.8.5)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)
Sun City
Sun City in die Noordwes-provinsie
Sun City in die Noordwes-provinsie
Sun City is in Noordwes (Suid-Afrikaanse provinsie)
Sun City
Sun City
 Sun City se ligging in Noordwes
Koördinate: 25°20′25″S 27°5′27″O / 25.34028°S 27.09083°O / -25.34028; 27.09083
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieNoordwes
DistrikBojanala
MunisipaliteitMoses Kotane
Stigting1979
Regering
 • TipeWyk 14
 • RaadslidLebogang Jafta Masilo
Oppervlak
 • Totaal4,89 km2 (1,89 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal1 299
 • Digtheid266/km2 (690/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense37.0%
 • Indiërs/Asiërs13.2%
 • Bruin mense7.6%
 • Swart mense40.1%
 • Ander2.2%
Taal (2011)
 • Tswana 30.8%
 • Engels 24.0%
 • Zoeloe 14.3%
 • Afrikaans 12.6%
 • Ander 18.2%
Poskode (strate)
0316

Sun City is 'n luukse kasino en vermaaklikheidskompleks in die Noordwesprovinsie van Suid-Afrika. Dit is twee ure se ry vanaf Johannesburg en 'n entjie buite die stad Rustenburg geleë. Die kompleks grens aan die Pilanesbergwildreservaat. Verskeie konserte en geleenthede, soos die Huisgenoot-Skouspel, Mejuffrou Suid-Afrika en Nedbank Gholfuitdaagtoernooi, word gereeld hier aangebied.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
Die Brug van Tyd wat op die Vermaaklikheidsentrum uitkyk
The Palace of the Lost City in Sun City

Sun City is deur die hotelmagnaat Sol Kerzner as deel van sy hotelgroep, Sun International, ontwerp. Die amptelike opening het op 7 Desember 1979 plaasgevind. Sun City is in die destydse bantoestan van Bophuthatswana geleë.

Omdat Bophuthatswana 'n onafhanklike staat was, kon hulle vermaak en geleenthede wat in Suid-Afrika verbode was aanbied. Dobbelhuise was onder andere in Suid-Afrika verbied, vir skynbaar etiese redes. Dit, gekombineer met die gunstige ligging ten opsigte van Pretoria en Johannesburg, het verseker dat Sun City gou 'n gewilde vakansiebestemming geword het. Baie bekendes het al daar oorgebly, waaronder: Frank Sinatra, Queen, Boney M., Elaine Paige en Black Sabbath.

Verskeie belangrike bokstoernooie is in die jare 70's en 80's by Sun City aangebied. In 1994, 2000 en 2010 is die Wêreld Sterkman-kompetisie hier gehou.

Kompleks

[wysig | wysig bron]

Sun City het vier hotelle:

  • Sun City Hotel;
  • Cascades Hotel;
  • The Cabanas; en
  • The Palace of the Lost City.

Ander fasiliteite sluit in:

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 "Hoofplek Sun City". Sensus 2011.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]