Dordrecht, Nederland
Dordrecht Dordt | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Dordtse gewels in die Hoofstraat | |
Ligging van Dordrecht-munisipaliteit in Zuid-Holland | |
Kaart van Dordrecht-munisipaliteit | |
Koördinate: 51°48′00″N 4°40′00″O / 51.80000°N 4.66667°O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Zuid-Holland |
Regering | |
• Burgemeester | Wouter Kolff (VVD) |
Oppervlak | |
• Totaal | 99,47 km2 (38,41 vk. myl) |
• Land | 78,61 km2 (30,35 vk. myl) |
• Water | 20,86 km2 (8,05 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 119 111 |
• Digtheid | 1 197/km2 (3 100/vk. myl) |
Poskode | 3301, 3311–3319, 3328–3329 |
Skakelkodes | 078 |
Webwerf | cms.dordrecht.nl |
Dordrecht is 'n stad in Nederland met sowat 119 000 inwoners (2021) en 'n oppervlakte van sowat 99 km². Die stad is geleë in die uiterste suide van die provinsie Zuid-Holland. Die stad is met sy inwoners die vyfde grootste munisipaliteit van die provinsie en vorm die suidpunt van die Randstad. Die metropolitaanse agglomerasie Drechtsteden, waarvan Dordrecht deel is, is met ongeveer 280 000 inwoners die 9de grootste in Nederland. Die stad lê op die plek waar die Merwede-rivier in die Noord en die Oude Maas verdeel. Die munisipaliteit Dordrecht sluit die hele Eiland van Dordrecht in; die Moerdijkbrûe oor die Hollands Diep vorm die verbinding met die provinsie Noord-Brabant. Die inwoners van Dordrecht noem hul stad meestal Dordt. Dordrecht beskik oor sewe museums, vier polisiestasies, twee brandweerkasernes, twee hospitale en 'n gevangenis (Gevangenis Dordrecht). 'n Klein deel van die nasionale park Die Biesbosch lê in die Dordrecht-munisipaliteit.
Plekke
Dordrecht · Dubbeldam · Kop van 't Land · Tweede Tol · Wieldrecht · Willemsdorp
Geskiedenis
Dordrecht is die oudste stad van die vroeëre gewes Holland. Die stad is vir die eerste keer in 'n teks uit die twaalfde eeu vermeld, toe die stad nog as Thuredrech aangewys is, en het in 1220 stadsregte gekry. In die Middeleeue ontwikkel die stad as belangrike handelstad en bergplek en was dit een van die ses grootste stede van Holland. Later het die belang van die stad afgeneem, maar die middestad herinner nog altyd aan hierdie ryk verlede.
In die begintyd van die Tagtigjarige Oorlog is in 1572 in Dordrecht 'n vergadering van die state van die gewes Holland gehou, waarby Willem van Oranje as stadhouer het erken en Holland hulleself onafhanklik het verklaar. Later is in 1618 en 1619 in hierdie stad die Calvinistiese Sinode van Dordrecht gehou.
Sport
Dordrecht beskik oor 'n professionele sokkerspan: FC Dordrecht, wat in die Eerste divisie meeding.
Geboortes
- Adriaen van der Stel (1605–1646), goewerneur van Nederlands-Mauritius
- Johan de Witt (1625–1672), pensioenaris van Dordrecht en raadspensioenaris van Holland
- Aert de Gelder (1645–1727), skilder
- Dirk van der Hoff (1814–1881), Suid-Afrikaanse predikant
Susterstede
- Bamenda, Kameroen
- Dordrecht, Oos-Kaap, sedert 23 Maart 2006
- Hastings, Verenigde Koninkryk
- Recklinghausen, Duitsland
- Warna, Bulgarye
Naburige munisipaliteite
Zwijndrecht | Papendrecht | Sliedrecht, Hardinxveld-Giessendam |
Hoeksche Waard | Altena (NB) | |
Moerdijk (NB) | Drimmelen (NB) |