1930
Voorkoms
1930 |
◄ | 19de eeu | ◄20ste eeu► | 21ste eeu | ►
◄ ◄ | ◄ | 1925 | 1926 | 1927 | 1928 | 1929 | ◄ 1930 ► | 1931 | 1932 | 1933 | 1934 | 1935 | ► | ► ► |
Dae | Eeue | Geskiedenis | Geskiedenisportaal |
Sien ook: Kategorie:1930 |
Kalenders | ||||||||||||||||||||||
Alfred Wegener | ||||||||||||||||||||||
|
Die jaar 1930 was 'n gewone jaar wat volgens die Gregoriaanse kalender op 'n Woensdag begin het. Dit was die 30ste jaar van die 20ste eeu n.C. Soos ander gewone jare het die jaar 12 maande, 52 weke en 365 dae gehad.
Gebeure
- 9 Februarie – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word kardinaal-staatsekretaris.
- 18 Februarie – Clyde W. Tombaugh ontdek die planeet Pluto, sedert 24 Augustus 2006 'n dwergplaneet.
- 5 April – Mahatma Gandhi verbreek 'n Britse wet deur sout te maak.
- 25 Maart – Eugenio Pacelli (later Pous Pius XII) word aartspriester van die Sint Pieters basiliek.
- 22 April – Die Verenigde Koninkryk, Japan en die VSA teken die Londense Vlootverdrag om die duikbootoorlog te reguleer.
- 12 Julie – Sir Donald Bradman stel 'n nuwe krieketwêreldrekord van 334 lopies op teen Engeland.
- 13-30 Julie – Die eerste FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi word in Uruguay gespeel, wat deur dié land gewen word.
- 15 Julie – Die Britse regering bestel 1000 Spitfire vegvliegtuie.
- Die stemreg word aan blanke vroue in Suid-Afrika toegestaan.
Geboortes
- 3 Januarie – Robert Loggia, Amerikaanse akteur en regisseur († 2015).
- 20 Januarie – Buzz Aldrin, Amerikaanse ruimtevaarder.
- 23 Januarie – William R. Pogue, Amerikaanse ruimtevaarder († 2014).
- 23 Januarie – M.M. Walters, Afrikaanse satiriese digter en dramaturg († 2020).
- 30 Januarie – Genl Magnus Malan, Minister van Verdediging en hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag († 2011).
- 31 Januarie – Renata Coetzee, kenner van die tradisionele voedselkulture van Suid-Afrikaners († 2018).
- 12 Februarie – Bonaventure Hinwood, Katolieke priester en Afrikaanse digter. († 2016).
- 17 Februarie – Ruth Rendell, Engelse skryfster van misdaadromans († 2015).
- 20 Februarie – Prof. Cas Janse van Vuuren, Unisa se visekanselier van 1989 tot 1993 († 2014).
- 6 Maart – Lorin Maazel, Amerikaanse dirigent, violis en komponis († 2014).
- 10 Maart – Justinas Marcinkevičius, Litause digter, skrywer, dramatikus en vertaler († 2011).
- 24 Maart – Steve McQueen, Amerikaanse rolprentakteur en -regisseur († 1980).
- 3 April – Helmut Kohl, Duitse politikus en kanselier (1982–1998) († 2017).
- 11 April – Anton LaVey, stigter en Hoëpriester van die Kerk van Satan († 1997).
- 19 April – Dick Sargent, Amerikaanse akteur († 1994).
- 30 April – Félix Guattari, Franse psigiater († 1992).
- 3 Mei – Martiens Bekker, Springbokrugbyspeler († 1971).
- 27 Junie – Ross Perot, Amerikaanse miljardêr en politikus († 2019).
- 25 Julie – Ian Kirkpatrick, Suid-Afrikaanse rugbyspeler en -afrigter († 2012).
- 25 Julie – Rosalind Franklin, Engelse skeikundige en X-straal kristallografis († 1958).
- 5 Augustus – Neil Armstrong, Amerikaanse ruimtevaarder († 2012).
- 12 Augustus – George Soros, internasionale finansier, bestuurder van fondse en filantroop.
- 21 Augustus – Prinses Margaret, Gravin van Snowdon, Britse koninklike († 2002).
- 25 Augustus – Sean Connery, Skotse akteur en rolprentvervaardiger († 2020).
- 7 September – Yuan Longping, Chinese onderwyser en landboukundige († 2021).
- 17 September – Edgar Mitchell, Amerikaanse ruimtevaarder († 2016).
- 24 September – John W. Young, Amerikaanse ruimtevaarder († 2018).
- 1 Oktober – Philippe Noiret, Franse akteur († 2006).
- 5 Oktober – Anne Haddy, Australise aktrise († 1999).
- 6 Oktober – Richie Benaud, Australiese krieketkaptein en kommentator († 2015).
- 14 Oktober – Mobutu Sese Seko, Kongolese militêre offisier en politikus, President van Zaïre/DRK (* 1997).
- 20 Oktober – Prof. Louis Eksteen, Afrikaanse leksikograaf († 2001).
- 28 Oktober – Bernie Ecclestone, voormalige president en hoofbesturende direkteur van Formula One Management.
- 29 Oktober – Louis Shill, Suid-Afrikaanse politikus († 2016).
- 31 Oktober – Michael Collins, Amerikaanse ruimtevaarder en toetsvlieënier († 2021).
- 16 November – Chinua Achebe, Nigeriese skrywer († 2013).
- 16 November – Salvatore Riina, Italiaanse mafioso († 2017).
- 19 November – Elize Botha, Suid-Afrikaanse akademikus († 2007).
- 21 November – Monika Pon-su-san was die model wat Vladimir Tretchikoff vir sy beroemde skildery Chinese Girl (Chinese meisie), ook bekend as The Green Lady (die groen dame), gebruik het († 2017).
- 22 November – Owen K. Garriott, Amerikaanse ingenieur en ruimtevaarder († 2019).
- 29 November – David Goldblatt, Suid-Afrikaanse fotograaf († 2018).
- 8 Desember – Maximilian Schell, Oostenryks-Switserse akteur, filmregisseur en skrywer († 2014).
- 27 Desember – Ampie Muller, akademikus en omroeper († 2019).
Sterftes
- 9 Januarie – Eduard Willem Bok, Amerikaanse redakteur en bekroonde skrywer (* 1863).
- 6 Maart – Herbert John Gladstone, Britse politikus en eerste Goewerneur-generaal van Suid-Afrika (1910–1914) (* 1854).
- 6 Maart – Alfred von Tirpitz, 'n Duitse admiraal (* 1849).
- 8 Maart – William Howard Taft, die 27ste President van die Verenigde State (* 1857).
- 25 April – Paul Mazursky, Amerikaanse filmregisseur en draaiboekskrywer († 2014).
- 13 Mei – Fridtjof Nansen, Noorse ontdekkingsreisiger en wenner van die Nobelprys vir Vrede (* 1861).
- 16 Mei – Sir Henricus Hubertus Juta, 'n speaker en regter van die Kaapkolonie (* 1857).
- 20 Junie – John William Jagger, Suid-Afrikaanse kabinetsminister en sakeman (* 1859).
- 7 Julie – Sir Arthur Conan Doyle, Britse skrywer (* 1859).
- 23 Oktober – Jens Friis, bevelvoerder van die Skandinawiese Korps in die Tweede Vryheidsoorlog (* 1858).
- ? November – Alfred Wegener, Duitse meteoroloog en geofisikus (* 1880).