Suid-Afrikaanse Nasionale Parke
Voorkoms
Suid-Afrikaanse Nasionale Parke (SANParke) is die liggaam wat verantwoordelik is vir die bestuur van Suid-Afrika se nasionale parke. SANParke is in 1926 gestig, en bestuur tans 19 parke[1] met 'n totale area van 3 700 000 km2, of omtrent 3% van die land se oppervlakte.[2]
Die bekendste park is die Krugerwildtuin, wat ook die grootste en oudste is. Dit beslaan 'n gebied van amper 2 000 000 km2 en is in 1898 geproklameer.
Die Krugerwildtuin en die Tafelberg Nasionale Park is die twee mees besoekte trekpleisters vir toeriste in die land. Daarnaas is die onlangs-vergrote Addo-olifant Nasionale Park byna deurentyd volbespreek, weens sy maklike bereikbaarheid van Port Elizabeth af.
Parke
Die volgende parke word deur SANParke bestuur en bedryf:
- Addo-olifant Nasionale Park
- Agulhas Nasionale Park
- ǀAi-ǀAis/Richtersveld Oorgrenspark
- Augrabies Nasionale Park
- Nasionale Bergkwaggapark
- Nasionale Bontebokpark
- Golden Gate Hoogland Nasionale Park
- Kamdeboo Nasionale Park
- Karoo Nasionale Park
- Kgalagadi Vredespark
- Krugerwildtuin
- Mapungubwe Nasionale Park
- Marakele Nasionale Park
- Mokala Nasionale Park
- Namakwa Nasionale Park
- Tafelberg Nasionale Park
- Tankwa Karoo Nasionale Park
- Tsitsikamma Nasionale Park
- Tuinroete Nasionale Park
- Weskus Nasionale Park
Verwysings
- ↑ Brett, Michael: Touring South Africa's National Parks, Kaapstad, 2010
- ↑ "About SANParks". Suid-Afrikaanse Nasionale Parke. Besoek op 26 Mei 2008.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met National parks of South Africa. |