Gaan na inhoud

Sitka

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Voyageur (besprekings | bydraes) op 22:24, 26 Februarie 2020 (Begin nuwe artikel)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Die City and Borough of Sitka (Tlingit: Sheetʼká, Russies: Ситка), oorspronklik (onder Russiese bewind) Nowo-Archangelsk (Ново-Архангельск of Новоaрхангельск) is 'n sogenaamde unified city-borough (stad en administratiewe munisipaliteit) in die suidooste van die Amerikaanse deelstaat Alaska, met 'n bevolking van 8 881 volgens die sensus van 2010.

Die stadsgebied van Sitka is op die weskant van die eiland Baranof en die suidelike deel van die eiland Chicagof geleë wat albei deel uitmaak van die noordelike Stille Oseaan se Alexander-argipel en die sogenaamde Alaska Panhandle. Met 'n oppervlakte van 2 870,3 vierkante myl of 7$nbsp;434 vierkante km (sonder water) is Sitka die grootste city-borough in die VSA.