Roemenië
|
||
Nasionale leuse: Nihil sim Deu (Niks sonder God) | ||
Amptelike taal | Roemeens | |
Hoofstad | Boekarest | |
Gebied - % water | 237,500km² | |
Bevolking
- Digtheid |
; | |
Geldeenheid | ROL | |
Volkslied | Desteaptate Romane | |
Internetkode | .ro | |
Telefoonkode | 40 | |
Roemenië is ‘n land in Suidoos-Europa. Roemenië is ryk in kultuur en natuurskoon, maar is reeds lank een van die mins ontwikkelde en armste lande in Europa. Die Ottomaanse Ryk en die Oostenryks-Hongaarse Ryk het Roemenië vir lang tydperke gedeeltelik regeer. Die hoofstad van Roemenië is Boekarest.
Die moderne land Roemenië het in 1859 ontstaan en het in 1878 volledig onafhanklik geword. Roemenië was van 1881 tot 1947 ‘n koninkryk. In 1948 neem die kommuniste mag in Roemenië oor en skep ‘n regering en ekonomie volgens Sowjet Unie model. Sedert 1960 begin die Roemeense leiers hulle egter distansieer van die Sowjet Unie en volg hulle, hulle eie binnelandse en buitelandse beleid. Die ekonomie groei dan ook sterk van toe af tot in die tagtigerjare. In die negentientagtigs beleef die land ‘n insinking en ly baie Roemeniërs honger.
In 1989 rebelleer die Roemeniërs teen die diktator Nicolae Ceaucescu en die kommunistiese regering. Sedert 1990 is Roemenië ‘n demokrasie. Roemenië se ampteliketaal is Roemeens. Die etniese samestelling van Roemenië is as volg: 89% is Roemeens, 7% Hongaars, 3,5% Roma's en die res bestaan uit ‘n klein aantal Jode, Turke en Russe.
Eerste poging in Afrikaans uit Nederlands vertaal. Iemand moet dalk bietjie seker maak of die vertaling oral feitlik korrek is - so hier en daar was ek nie seker oor die Nederlandse woord nie soos bv landelijk beleid wat ek met binnelandse beleid vervang het. Taal en styl het dalk ook bietjie aandag nodig.