Gaan na inhoud

Adele

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Adele
Adele in 2009
GeboortenaamAdele Laurie Blue Adkins
Gebore5 Mei 1988
Tottenham, Londen, Engeland
GenresSoul, R&B, jazz
Beroep(e)Sangeres-liedjieskryfster
Jare aktief2006 — hede
EtiketteXL, Columbia
Webwerfadele.tv

Adele Laurie Blue Adkins (* 5 Mei 1988 in Tottenham, Noord-Londen, Engeland), beter bekend as slegs Adele, is 'n Engelse sangeres en liedjieskryfster. Haar eerste twee albums, 19 en 21, het groot kommersiële sukses behaal en is ook deur kritici gunstig ontvang. Sy is met 'n aantal Grammys bekroon en het as liedjieskryfster ook 'n Oscar vir Skyfall, die titellied vir die gelyknamige James Bond-rolprent, ingepalm, terwyl haar plateverkope tientalle miljoene wêreldwyd beloop en van haar een van die suksesvolste popsterre van die 21ste eeu gemaak het.

In November 2015 het Adele met haar nuwe enkelsnit Hello en die langspeler 25 weer die topposisies van trefferlyste verower.