Gaan na inhoud

Klas 36-000-diesellokomotief

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Weergawe deur Oesjaar (besprekings | bydraes) op 16:58, 6 September 2014 (Verbeter)
(verskil) ← Ouer weergawe | bekyk huidige weergawe (verskil) | Nuwer weergawe → (verskil)

Klas 36 is 'n tipe diesellokomotief - tegnies 'n diesel-elektriese lokomotief - wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik vir rangeer werk. Die 36-000 reeks is deur General Electric gebou vanaf 1975. Hulle is toegerus met 'n vierslag V8 turboaangedrewe en na-verkoelde dieselenjins wat 'n gelykstroom generator aandryf en vier traksiemotors wat op die aste geinstalleer is. Hulle was tipe SG10B genoem deur die vervaardiger en het 'n maksimum veilige snelheid gehad van 100 km/h. Hulle doen diens in KwaZulu-Natal en die ou Wes-Transvaal.

Die 36-200 reeks is deur General Motors (EMD) gebou vanaf 1980. Hulle is toegerus met 'n tweeslag nie-turboaangedrewe V8 dieselenjin wat 'n gelykstroom generator aandryf en ses traksiemotors wat op die aste geinstalleer is. Hulle was tipe SW1002 genoem deur die vervaardiger en het 'n maksimum veilige snelheid van 90 km/h gehad. Hulle het diens gedoen in die Wes-Kaap en die Oos-Transvaal.

Al die lokomotiewe in die klas beskik oor dinamiese remme.


Bron

Locomotives of the South African Railways. Struik. Leith Paxton & David Bourne. ISBN 0 86977 211 2