Gaan na inhoud

Roemenië: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
k robot Bygevoeg: hi:रोमानिया
k robot Verander: vo:Rumän
Lyn 138: Lyn 138:
[[ug:رومىنىيە]]
[[ug:رومىنىيە]]
[[uk:Румунія]]
[[uk:Румунія]]
[[vo:Romän]]
[[vo:Rumän]]
[[wa:Roumaneye]]
[[wa:Roumaneye]]
[[yi:ראמעניע]]
[[yi:ראמעניע]]

Wysiging soos op 09:25, 27 Junie 2006

Repvblica România
Nasionale leuse: Nihil sine Deo (Niks sonder God)
Amptelike taal Roemeens
Hoofstad Boekarest
Gebied
 
 - % water

237,500km²
Bevolking


 - 2003


 - Digtheid


21,700,000


 ;
Geldeenheid ROL
Volkslied Desteaptate Romane
Internetkode .ro
Telefoonkode40



Roemenië is ‘n land in Suidoos-Europa. Roemenië is ryk in kultuur en natuurskoon, maar is reeds lank een van die mins ontwikkelde en armste lande in Europa.

Dit lê teen die Swart See. Die Donourivier vorm die suidelike grens.

Die amptelike taal is Roemeens. Die etniese samestelling van Roemenië is soos volg: 89% is Roemeens, 7% Hongaars, 3,5% sigeuners en die res bestaan uit ‘n klein aantal Jode, Turke en Russe. 87% van die bevolking behoort tot die Romeins-ortodokse geloof.

Die land is lid van NAVO en sal waarskynlik in 2007 by die Europese Unie aansluit.

Geskiedenis

Die Ottomaanse Ryk en die Oostenryks-Hongaarse Ryk het Roemenië vir lang tydperke gedeeltelik regeer. Die hoofstad van Roemenië is Boekarest.

Die moderne land Roemenië het in 1859 ontstaan en het in 1878 volledig onafhanklik geword. Roemenië was van 1881 tot 1947 ‘n koninkryk. In 1948 neem die kommuniste mag in Roemenië oor en skep ‘n regering en ekonomie volgens Sowjet Unie model. Sedert 1960 begin die Roemeense leiers hulle egter distansieer van die Sowjet Unie en volg hulle, hulle eie binnelandse en buitelandse beleid. Die ekonomie groei dan ook sterk van toe af tot in die tagtigerjare. In die negentientagtigs beleef die land ‘n insinking en ly baie Roemeniërs honger.

In 1989 rebelleer die Roemeniërs teen die diktator Nicolae Ceaucescu en die kommunistiese regering. Sedert 1990 is Roemenië ‘n demokrasie.