Gaan na inhoud

Ierse Republikeinse Leër: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Geskrapte inhoud Bygevoegde inhoud
k Verwysing
Lyn 16: Lyn 16:
In Julie 2001 is die vredesproses weer in die gedrang gebring, omdat die Provisionele IRA steeds nie alle wapens ingelewer het soos ooreengekom in die Goeie Vrydag-ooreenkoms nie.
In Julie 2001 is die vredesproses weer in die gedrang gebring, omdat die Provisionele IRA steeds nie alle wapens ingelewer het soos ooreengekom in die Goeie Vrydag-ooreenkoms nie.


Op 28 Julie 2005 het die Weermagraad (''Army Council''), die hoogste bestuurligaam van die Provisionele IRA, sy lede opdrag gegee om die gewapende stryd finaal te beëindig. Die organisasie het dit gedoen in 'n verklaring wat op televisie uitgesaai is. In die verklaring wat deur die Britse media as histories beskryf is, het die organisasie gesê dat die opheffing van die gewapende stryd dieselfde dag sou begin.
Op 28 Julie 2005 het die Weermagraad (''Army Council''), die hoogste besluitneming-struktuur van die Provisionele IRA, sy lede opdrag gegee om die gewapende stryd finaal te beëindig. Die organisasie het dit gedoen in 'n verklaring wat op televisie uitgesaai is. In die verklaring wat deur die Britse media as histories beskryf is, het die organisasie gesê dat die opheffing van die gewapende stryd dieselfde dag sou begin.


== Splintergroepe ==
== Splintergroepe ==

Wysiging soos op 20:15, 2 Oktober 2019

Die Ierse Republikeinse Leër (IRA) (Engels: Irish Republican Army; Iers: Óglaigh na hÉireann) was die naam vir verskeie paramilitêre organisasies wat 'n Ierland-eilandwye Ierse Vrystaat nagevolg het sonder bande met die Verenigde Koninkryk. Geweld was ook deur die IRA in hierdie proses aangewend.

Al die organisasies wat dié naam gebruik het beweer dat hulle afstam van die eerste Ierse Republikeinse leër, die leër van die Ierse Republiek, wat in 1919 gestig is deur die Dáil Éireann en gelei is deur Michael Collins. Daar word na hierdie groep verwys as die Ou IRA (opvolger van die Ierse vrywilligers). Die huidige formele Ierse weermag (The Irish Defense Forces) beskou hulself as die opvolger van die oorspronklike IRA ten tyde van die Ierse onafhanklikheidsoorlog.[1]

Geskiedenis

Die IRA het ontstaan uit die Paasopstand van 1916, waarin die Ierse Republikeinse Broederskap (Irish Republican Brotherhood) wat in 1858 in die Verenigde State gestig is, 'n belangrike rol gespeel het.

In die jare 1919 tot 1921 het die IRA 'n stryd gevoer teen die Britse bewind, onder leiding van Michael Collins. In 1921 het die IRA verdeel na 'n interne stryd tussen ondersteuners en teenstanders van 'n vredesverdrag met Groot-Brittanje (tydens die Ierse Burgeroorlog). In die 1930s het die IRA se aktiwiteite weer opgevlam in die vorm van bomaanvalle. In 1936 is die organisasie deur die Ierse regering verbied.

Na die Tweede Wêreldoorlog hervat die IRA sy aktiwiteite, hierdie keer hoofsaaklik in Noord-Ierland met bomaanvalle op openbare geboue. 'n Derde herlewing het in 1968 gevolg. Die jaar daarna het 'n skeuring plaasgevind tussen die tradisionele of rooi IRA-lede en die provisionele of groen IRA-lede (verbonde aan die Provisionele IRA). Die sogenaamde tradisionaliste het met tradisionele middele (bomaanvalle) geveg, terwyl die sogenaamde provisioneles 'n stads guerilla-oorlogvoering benadering gevolg het.

Toe Noord-Ierland in 1972 onder direkte Britse bewind geplaas word, het die IRA sy aksies uitgebrei na Nederland (Roermond) en Duitsland (Britse soldate wat in Duitsland gestasioneer is).

Die gewapende stryd van die Provisionele IRA is in September 1993 voorlopig beëindig toe die organisasie 'n wapenstilstand aangekondig het. Pogings om 'n vreedsame oplossing vir die Noord-Ierse konflik te vind, het misluk, maar het veroorsaak dat die Provisionele IRA in 1996 'n paar aanvalle uitgevoer het. 'n Tweede wapenstilstand het in Julie 1997 gevolg. Dit was 'n voorwaarde vir die toelating van Sinn Féin, die politieke arm van die Provisionele IRA, tot die vredesonderhandelinge in September 1997. Op 10 April 1998 is 'n vredesooreenkoms (die Goeie Vrydag-ooreenkoms) gesluit wat deur Sinn Féin en die Ulster Unionist Party onderteken is.

In Julie 2001 is die vredesproses weer in die gedrang gebring, omdat die Provisionele IRA steeds nie alle wapens ingelewer het soos ooreengekom in die Goeie Vrydag-ooreenkoms nie.

Op 28 Julie 2005 het die Weermagraad (Army Council), die hoogste besluitneming-struktuur van die Provisionele IRA, sy lede opdrag gegee om die gewapende stryd finaal te beëindig. Die organisasie het dit gedoen in 'n verklaring wat op televisie uitgesaai is. In die verklaring wat deur die Britse media as histories beskryf is, het die organisasie gesê dat die opheffing van die gewapende stryd dieselfde dag sou begin.

Splintergroepe

Official IRA, Marxistiese politieke party bestaan waarskynlik nie meer nie.

Provisional IRA (PIRA), 'n Republikeinse afskeidingsgroep in die 1970's wat verbind word met Sinn Féin, bekend vir die bomaanvalle van 1969-1997.

Continuity IRA, (CIRA) 'n Weggebreekgroep van die PIRA (vanaf 1986).

Real IRA, (RIRA) 'n Weggebreekgroep van die PIRA (vanaf 1998).

Verwysings

  1. (en) Defense Forces history op die amptelike webwerf van die Irish Defence Forces

Eksterne skakels

Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Nederlandse Wikipedia vertaal.