Gaan na inhoud

Polo: Verskil tussen weergawes

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Content deleted Content added
EmausBot (besprekings | bydraes)
k r2.7.3) (robot Verwyder: mt:Pulu
k r2.7.3) (robot Bygevoeg: min:Polo
Lyn 56: Lyn 56:
[[ko:폴로]]
[[ko:폴로]]
[[lt:Polas]]
[[lt:Polas]]
[[min:Polo]]
[[mn:Поло]]
[[mn:Поло]]
[[mr:पोलो]]
[[mr:पोलो]]

Wysiging soos op 23:20, 9 Februarie 2013

'n Polowedstryd word gespeel.

Polo is 'n balspel wat gespeel word deur twee spanne van vier spelers te perd op 'n veld van 300x200 meter. Die ruiter is uitgerus met 'n stok van bamboes (mallet) met 'n sigaaragtige dwarshout aan die einde, sodat hy die bal op die grond kan speel sonder om af te klim. Die spel vereis uitstekende ruiterskap en balvaardigheid en vind sy oorsprong in Persië.

Geskiedenis

Oorspronge

Polo het sy oorsprong in antieke Persië waar sy gedokumenteerde geskiedenis in die 5de eeu v.C. teruggevoer kan word.[1] Polosport was aanvanklik 'n militêre oefenspel vir kavallerie-eenhede soos koninklike gardes of ander elitetroepe. Vir die krygers van plaaslike stamme, wat dit met spanne van 100 ruiters elk gespeel het, was polo 'n soort miniatuur-veldslag.[2]

Gaandeweg het polo in Iran 'n nasionale sport geword wat gewoonlik deur adellikes beoefen is - met sowel manlike asook vroulike spelers, soos uit verwysings na die koningin en haar hofdames blyk wat in die 6de eeu n.C. teen koning Khosrau II en sy howelinge gespeel het.[3] Die Persiese literatuur en kuns is 'n ryke bron van inligting oor polosport in die antieke tydperk.

Naqsh-e Jahan-plein in Isfahan is oorspronklik as 'n koninklike poloveld aangelê

Ferdausi, die befaamde Iranse digter en geskiedkundige, beskryf in sy 9de eeuse koninklike heldedig Sjahnameh 'n aantal koninklike polotoernooie. In die oudste verhaal gee die digter 'n romantiserende beskrywing van 'n internasionale toernooi waarin 'n Turaanse span teen die aanhangers van Siyâvash, 'n legendariese Iranse prins uit die vroeë periode van die Persiese Ryk, meegeding het. Die digter verwys op welsprekende wyse na Siyâvash se bekwaamheid op die poloveld.

Ferdausi berig ook van Sjapoer II, 'n 4de eeuse heerser van die Sassaniede-dinastie, wat reeds op sewejarige leeftyd geleer het hoe om polo te speel. Die uitgestrekte Naqsh-i Jahan-plein in die Iranse metropool Isfahan is oorspronklik deur koning Abbas I in die 17de eeu as poloveld aangelê.

Die geesdrif vir polo het vanuit Persië na ander dele van Asië soos die Indiese subkontinent versprei. Sultan Qutb-ud-din Aibak, die Turkiese keiser van Noord-Indië, het slegs vier jaar tussen 1206 en 1210 geregeer nadat hy tydens 'n polotoernooi verongeluk en gesterf het. In die middeleeue het polo ook in die Bisantynse Ryk gewild geraak waar die sport tzykanion genoem is. Saam met die uitbreiding van Islam het die sport verder uitgebrei na Egipte en die Levant. Bekende sultans soos Saladin en die Baibars het polo as sport beoefen en by hulle hof bevorder.

In Sjina het polo in die tyd van die Tang-dinastie gewild geraak. Polotonele is dikwels op skilderye en standbeelde uitgebeeld. As oefenspel vir kavallerie-eenhede het polo in die middeleeue in die hele Asië tussen Konstantinopel en Japan 'n belangrike rol gespeel. Dikwels is na polo as die "koninklike spel" verwys.

Verwysings

  1. R.G. en Veena Goel: Encyclopaedia of sports and games. Noida: Vikas Publishing House 1988, bl. 318
  2. Encyclopaedia Britannica Online: Polo
  3. www.scottishpolo.com: Polo History