Washington (deelstaat)
Washington (Engels: State of Washington, uitgespreek /ˈwɒʃɪŋtən/) is 'n deelstaat in die Noordwestelike-Stille Oseaan-streek van die Verenigde State van Amerika. Die staat is vernoem na George Washington, die eerste president van die Verenigde State. Die hoofstad is Olympia en die grootste stad is Seattle.
Deelstaat Washington | |||||
| |||||
Bynaam(e): Die Immergroen Staat (Engels:The Evergreen State) | |||||
Amptelike taal(e) | Geen | ||||
Hoofstad | Olympia | ||||
Grootste stad | Seattle | ||||
Area | 18de in die V.S. | ||||
- Totaal | 184 827 km2 | ||||
- Wydte | 400 km | ||||
- Lengte | 580 km | ||||
- Water | 12 237 km2 | ||||
- % water | 6,6 % | ||||
- Breedtegraad | 45° 33′ N tot 49° N | ||||
- Lengtegraad | 116° 55′ W tot 124° 46′ W | ||||
Bevolking | 13de in die V.S. | ||||
- Totaal | 6 724 540 | ||||
- Digtheid | 36,4/km2 25ste in die V.S. | ||||
Hoogte | |||||
- Hoogste punt | Mount Rainier 4 392 m | ||||
- Gemiddeld | 520 m | ||||
- Laagste punt | Stille Oseaan seevlak | ||||
Toetrede tot die Unie | 11 November 1889 (42ste) | ||||
Goewerneur | Jay Inslee (D) | ||||
Luitenant-Goewerneur | Denny Heck (D) | ||||
Wetgewer | Washington Staatswetgewer | ||||
- Hoërhuis | Senaat | ||||
- Laerhuis | Huis van Verteenwoordigers | ||||
V.S. Senatore | Patty Murray (D) Maria Cantwell (D) | ||||
Tydsone | UTC-8 / Somertyd UTC-7 | ||||
Afkortings | WA US-WA | ||||
Webblad | www.access.wa.gov |
Washington het 'n bevolking van omtrent 7,6 miljoen en 'n oppervlakte van 184 827 vierkante kilometer. Dit is die 42ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Washington word in die noorde deur die Kanadese provinsie Brits-Columbië, in die ooste deur Idaho, en in die suide deur Oregon begrens. In die weste lê die Stille Oseaan. Die berg Saint Helens is 'n aktiewe vulkaan in die suidweste van die staat; dit het laas in 1980 uitgebars.
Die Columbiarivier vorm vir 480 km die grens tussen dié deelstaat en Oregon.
Washington se bynaam is The Evergreen State. Dit is die enigste deelstaat wat na 'n president vernoem is.
Eksterne skakels
wysig- Toerisme
- Geskiedenis
Verenigde State van Amerika | ||||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
|