Siluur
Die Siluur is ’n geologiese periode wat gestrek het van die einde van die Ordovisium sowat 443,4 miljoen jaar gelede tot die begin van die Devoon sowat 419,2 miljoen jaar gelede.
Soos met die ander geologiese periodes is die rotsbodems wat die periode se begin en einde bepaal, goed geïdentifiseer, maar die presiese datums kan met miljoene jare verskil. Die begin van die periode het gevolg op die Ordovisium-Siluur-uitwissing sowat 443 miljoen jaar gelede toe 60% van die seelewe uitgewis is.
’n Belangrike mylpaal in die Siluur was die verskyning van visse met kake en grate. Lewe op land het ook toegeneem: mosagtige, vaatryke plante langs mere, strome en aan die kus, asook klein geleedpotiges op die droë grond. Die lewe op land sou egter eers in die Devoon noemenswaardig uitbrei.
Eksterne skakels
wysig- Palaeos: Geargiveer 9 Maart 2012 op Wayback Machine Siluur
- UCMP Berkeley: Die Siluur
- USGS:Siluur- en Devoon-rotse Geargiveer 24 Augustus 2006 op Wayback Machine
- Voorbeelde van Siluur-fossiele
- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Siluur.
- Wikiwoordeboek het 'n inskrywing vir Siluur.
Proterosoïkum | Fanerosoïese Eon | |||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Neoproterosoïkum | Paleosoïese Era | Mesosoïese Era | Kainosoïese Era | |||||||||
Ediacarium | Kambrium | Ordovisium | Siluur | Devoon | Karboon | Perm | Trias | Jura | Kryt | Paleogeen | Neogeen | Kwartêr |