Privaatheid
- "Private inligting" herlei hier. Vir persoonlike identifiseerbare inligting, sien Persoonlike inligting. Vir inligting wat privaat oorgedra word, sien Geheimhouding.
Privaatheid is die vermoë van 'n individu of groep om hulself of inligting oor hulself af te sonder of te weerhou, en sodoende hulself selektief uit te druk.
Die domein van privaatheid oorvleuel gedeeltelik met sekuriteit, wat die konsepte van toepaslike gebruik en beskerming van inligting kan insluit. Privaatheid kan ook die vorm van liggaamlike integriteit aanneem.
Histories was daar baie verskillende opvattings oor privaatheid. Meeste kulture erken die reg van 'n individu om aspekte van hul persoonlike lewens uit openbare rekords te weerhou. Die reg om nie deur die regering, korporasies of 'n individu onderwerp te word aan ongesanksioneerde privaatheidskendings nie, is deel van baie lande se privaatheidswetgewing, en in sommige gevalle, die land se grondwet.
Met die opkoms van tegnologie het die debat oor privaatheid uitgebrei van 'n liggaamlike sin om 'n digitale sin in te sluit. In meeste lande word die reg op digitale privaatheid as 'n uitbreiding van die oorspronklike reg op privaatheid beskou, en baie lande het wette aangeneem wat digitale privaatheid verder beskerm teen openbare en private entiteite.
Daar is verskeie tegnieke om privaatheid in te dring, wat deur korporasies of regerings gebruik kan word vir wins- of politieke redes. Omgekeerd, om privaatheid te beskerm, kan mense versleuteling of maatreëls van anonimiteit gebruik.
Etimologie
wysigDie woord privaatheid is afgelei van die Latynse woord "privatus", wat beteken afgesonder van wat publiek is. D.w.s dit wat persoonlik is, of aan jouself behoort en nie aan die staat nie.[1]
Verwysings
wysig- ↑ "privacy (n.)", Online Etymology Dictionary, November 17, 2020, https://www.etymonline.com/word/privacy, besoek op November 18, 2020
Bronnelys
wysig- Lessig, Lawrence (2006). "Eleven: Privacy". Code 2.0 (in Engels (VSA)). Lawrence Lessig. ISBN 978-0-465-03914-2. Besoek op 30 Junie 2022.
- Solove, Daniel J. (2010). Understanding Privacy. Harvard University Press. ISBN 978-0674035072.
- Singleton, Solveig (2008). "Political Science". The Encyclopedia of Libertarianism. Thousand Oaks, Kalifornië: Sage; Cato Institute. 390–392. DOI:10.4135/9781412965811.n242. ISBN 978-1412965804. OCLC 750831024.
Eksterne skakels
wysig- Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Privaatheid.
- Glenn Greenwald: Why privacy matters. Video op YouTube, verskaf deur TED. Gepubliseer op 10 Oktober 2014.
- International Privacy Index world map, The 2007 International Privacy Ranking, Privacy International (London).
- "Privaatheid" in die Stanford Encyclopedia of Philosophy