Chakassië
Die Republiek van Chakassië (Russies: Респу́блика Хака́сия, Respoeblika Chakasija; Chakas: Хакасия Республиказы) is ’n republiek (’n deelgebied) van Rusland geleë in Suidsentraal-Siberië. Die hoofstad en grootste stad is Abakan (bevolking: 160 000).
Republiek van Chakassië Хакасия Республиказы | ||||
Die ligging van Chakassië in Rusland. | ||||
Politieke status | ||||
Land | Russiese Federasie | |||
Federale distrik | Siberiese | |||
Ekonomiese streek | Noord-Oos-Siberiese | |||
Stigting | 20 Oktober 1930 | |||
Regering | ||||
Hoofstad | Abakan | |||
Leier | Wiktor Zimin | |||
Amp | President | |||
Wetgewer | Opperraad | |||
Bevolking | ||||
Sensus | 2010 | |||
Totaal | 532 403 | |||
Volgorde | 70ste | |||
Digtheid | 8,6 /km2 | |||
Stedelik | 67,3% | |||
Plattelands | 32,7% | |||
Statistiek | ||||
Oppervlakte | 61 900 km2 | |||
Volgorde | 46ste | |||
Tydsone | UTC+08:00 | |||
Registrasienommer | 19 | |||
Amptelike tale | Russies, Chakassies | |||
Webtuiste | http://www.r-19.ru | |||
Wapen en vlag | ||||
| ||||
|
Demografie
wysigDie republiek het ’n bevolking van 538 200 (2006-raming). Volgens die 2002-sensus maak Russe 80,3% van die bevolking uit, gevolg deur Chakas (12%). Ander etniese groepe sluit in Oekraïners, Duitsers, Tartare en talle klein groepe.
Geskiedenis
wysigVan die 6de eeu af was Chakassië die kern van die Kirgisiese staat. In die 13de eeu, ná die nederlaag teen die Mongole, het die meeste Kirgisiërs suidweswaarts gemigreer na hul hedendaagse gebied in Sentraal-Asië (Kirgisië). Moderne Chakassiërs beskou hulself as nakomelinge van die Kirgisiërs wat in Siberië agtergebly het.
Chakassië is in 1707 by Rusland ingelyf. In 1727 is dit bevestig in ’n verdrag tussen Rusland en China. Goelag-kampe is in 1707 en 1718 in die republiek gevestig. Baie gevangenes het ná hul vrylating in die streek agtergebly.
Outonomie is in 1930 tydens die Sowjet-bewind toegeken. In die 1920's en 1930's het die Sowjet-owerheid sowat ’n kwartmiljoen Russe in die gebied hervestig en teen 1959 het etniese Chakassiërs maar sowat ’n tiende van die bevolking uitgemaak. Chakassië het in 1991 volle republiek-status verwerf.
Ekonomie
wysigDie belangrikste nywerhede in die republiek is steenkoolmynbou en hout.
Verwysings
wysig- Hierdie artikel is merendeels vertaal vanaf die Engelse Wikipedia-artikel en:Khakassia
- Beyaz Arif Akbas, Khakassia: The Lost Land", Portland State Center for Turkish Studies, 2007.