3 Februarie
datum
<< | Februarie 2024 | >> | ||||
So | Ma | Di | Wo | Do | Vr | Sa |
1 | 2 | 3 | ||||
4 | 5 | 6 | 7 | 8 | 9 | 10 |
11 | 12 | 13 | 14 | 15 | 16 | 17 |
18 | 19 | 20 | 21 | 22 | 23 | 24 |
25 | 26 | 27 | 28 | 29 | ||
Al die dae |
3 Februarie is die 34ste dag van die jaar in die Gregoriaanse kalender. Daar volg nog 331 dae in die res van die jaar (332 in skrikkeljare).
Gebeure
wysig- 1488 – Bartolomeus Dias van Portugal seil om die Kaap van Goeie Hoop by die suidelike punt van Afrika en land in Mosselbaai.
- 1509 – Nadat hy die eerste Portugees geword het om tot by Bombaai te seil, voer Francisco de Almeida 'n vloot van 23 skepe aan in 'n deurslaggewende oorwinning oor die gesamentlike vloot van Arabiere, Egiptenare en Indiërs in die Seeslag van Diu, wat die begin van Portugese heerskappy oor die Indiese Oseaan inlui.
- 1731 – Die koninklike paleis in Brussel word deur ´n brand verwoes.
- 1815 – Die eerste kaasfabriek word in Switserland geopen.
- 1848 – Harry Smith annekseer die gebied tussen die Oranje- en Vaalrivier.
- 1867 – Kroonprins Mutsuhito bestyg die Japannese troon wat die Meiji-era inlui.
- 1916 – Tristan Tzara publiseer sy Dada-manifes in Zurich.
- 1966 – Die onbemande Sowjet-ruimtetuig Luna 9 word die eerste verkenningstuig om op die maan te land en beelde van die maanlandskap terug te stuur Aarde toe.
- 1969 – Yasser Arafat word die leier van die Palestynse Bevrydingsorganisasie.
- 1996 – Laaste wedstryd van die CAF 1996 Afrika-Sokkerkampioenskap word in Johannesburg deur Suid-Afrika gewen.
Geboortes
wysig- 1809 – Felix Mendelssohn Duitse komponis, dirigent, orrellis en pianis († 1847).
- 1835 – Jan Hendrik Hofmeyr, Suid-Afrikaanse teoloog en predikant († 1908).
- 1873 – Karl Jatho, Duitse vliegtuigpionier en uitvinder († 1933).
- 1898 – Alvar Aalto, Finse argitek en ontwerper († 1976).
- 1898 – Jan Serfontein, Suid-Afrikaanse politikus en kabinetsminister 1954–1966 († 1967)
- 1905 – Herman Charles Bosman, Suid-Afrikaanse skrywer († 1951).
- 1918 – Joey Bishop, Amerikaanse akteur († 2007).
- 1945 – Marius Weyers, Suid-Afrikaanse akteur.
- 1948 – Henning Mankell, Sweedse skrywer en dramaturg († 2015).
- 1950 – Morgan Fairchild, Amerikaanse aktrise.
- 1950 – Jan de Wet, Suid-Afrikaanse sanger.
- 1959 – Chan Santokhi, Surinaamse politikus.
- 1969 – Retief Goosen, Suid-Afrikaanse beroepsgholfspeler.
- 1979 – Willem Anker, Afrikaanse romanskrywer, dramaturg en akademikus.
- 1984 – Elizabeth Anne Holmes Amerikaanse sakevrou.
- 1991 – Masabata Klaas, Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler.
Sterftes
wysig- 1014 – Sven I van Denemarke (* c. 960).
- 1399 – Jan van Gent, die 1ste Hertog van Lancaster en lid van die Huis van Plantagenêt (* 1340).
- 1468 – Johannes Gutenberg, Duitse uitgewer en uitvinder van die meganiese skuifbare tipe drukpers (* 1400).
- 1687 – Cornelis van Quaelbergen, derde kommandeur van die Kaap die Goeie Hoop (* 1623).
- 1679 – Jan Steen, Nederlandse skilder uit die Goue Eeu (* 1626).
- 1831 – Giovanni Battista Balbis, Italiaanse plantkundige en politikus (* 1765).
- 1922 – Christiaan de Wet, Suid-Afrikaanse boeregeneraal, rebellieleier en politikus (* 1854).
- 1924 – Woodrow Wilson, 28ste President van die Verenigde State (* 1856).
- 1947 – Marc Mitscher, Admiraal in die Amerikaanse Vloot (* 1887).
- 1989 – John Cassavetes, Amerikaanse akteur en rolprentregisseur (* 1929).
- 2005 – Ernst Mayr, Duitse bioloog (* 1904).
- 2015 – Max Mangold, Duitse professor in fonetiek, fonologie en algemene linguistiek (* 1922).
- 2019 – Julie Adams, Amerikaanse aktrise (* 1926).
Vakansie-, vierings- en waarnemingsdae
wysigWikimedia Commons bevat media in verband met 3 Februarie. |