Vlag van Saba
Die vlag van Saba is op 6 Desember 1985 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon vier driehoeke in rooi (twee bo) en blou (twee onder) met ’n wit ruit in die middel wat tot op die kant van die vlag strek en ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die ruit.
Gebruik | Burgerlike vlag |
---|---|
Verhouding | 2:3 |
Goedgekeur | 6 Desember 1985[1] |
Ontwerp | Vier driehoeke in rooi (twee bo) en blou (twee onder) met ’n wit ruit in die middel wat tot op die kant van die vlag strek en ’n geel vyfpuntige ster in die middel van die ruit. |
Simboliek
Die geel kleur stel die eiland se rykdomme voor asook die hoop op ’n goeie toekoms. Die ster stel die eiland voor en die rooi, wit en blou stel die eiland se bande met Nederland voor. Daarbenewens stel rooi ook moed, eenheid en kragdadigheid voor, wit stel vrede voor en blou stel die see voor.
Eksterne skakels
- (en) Saba by Flags of the World.
Verwysings
Wikimedia Commons bevat media in verband met Simbole van Saba. |