Gennadi Zioeganof
Gennadi Andrejewitsj Zioeganof (Russies: Генна́дий Андре́евич Зюга́нов; gebore 26 Junie 1944) is ’n Russiese politikus. Hy is sedert 1993 die sekretaris-generaal van die Kommunistiese Party van die Russiese Federasie, sedert 1993 ’n afgevaardigde in die Doema en sedert 1996 lid van die Parlementêre Vergadering van die Europese Raad.
Loopbaan
In die Russiese presidentsverkiesing van 1996 het Zioeganof met 32% van die stemme tweede geëindig ná die destydse president, Boris Jeltsin. In 2008 het hy met 17,76% van die stemme tweede geëindig ná die huidige president, Dmitri Medwedef.[1]
Hy was weer 'n kandidaat in die Russiese presidentsverkiesing van 4 Maart 2012 en het weer tweede geëindig met 17,2 persent van die stemme.
Verwysings
- ↑ "Medvedev 'to continue Putin work'". BBC News. 3 Maart 2008. Besoek op 3 Januarie 2008.
Eksterne skakels
Wikimedia Commons bevat media in verband met Gennadi Zioeganof. |
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia